Boshut is ‘n terrein wat bestaan uit ‘n gebou met ‘n groot oop vertrek met tafels in. 

Uit die saal vertrek is daar 2 en-suite kamers, wat bestaan uit ‘n toilet, wasbak en stort. 

Elke kamer slaap 10 persone. 

Die saal  bestaan uit ‘n oopplan kombuis met die nodige koelgeriewe, mikrogolf, kwikhot kookwater urn, ‘n gasoond en 3 gasplate. Daar is ook ‘n ingeboude braai, 25 stoele  en 4 tafels.

 

Agter teen die gebou is daar twee groot badkamers wat elk 4 storte en 4 wasbakke asook 4 toilette het. 

 

Die hoofgebou slaap 20 persone maar terrein is ontwerp dat daar tot 60 mense in tente buite rondom die gebou kan kamp.  

 

Houthut BH1 

Slaap 2 persone en is slegs beskikbaar op aanvraag teen ‘n ekstra koste 

Elke persoon moet n paslaken saam bring om oor die matrasse te trek. Geen persoon mag sonder dit op die matrasse slaap nie 

 Ekstra te huur: 

Breekgoed, tafels,stoele, Bain Marie en chafing dishes 

Kagelhout en braai hout te koop