Fakkel
Slaapgeriewe vir 102 en kan uitgebrei raak na 120
Fakkel beskik uit oor 5 slaap gebou en een hout Hok
Slaap lokale FS1&2 en FD1&2
Bestaan uit 2 kamers elk wat elke 12 en 8 mense slaap.
Slaaplokaal BF
Bestaan ook uit 2 kamer wat elk 12 en 8 mense kan slaap. Elk kamer het ‘n on-suite wat betsaan uit ‘n toilet, stort en wasbak
BF het ook twee buite toilete op die kante wat bestaan uit toilet en wasbak
Saal
Saal kan 120 mense sit en het ook twee wegbreek kamers agter in saal wat ook kan dien as slaapplek.
Saal het ‘n lieflike groot binnehuise braai en gerieflike kombuis met ‘n spens en die nodige koel en vries geriewe.
Daar is 12 groen staal tafels.Ekstra tafels en stoele is beskikbaar teen ekstra koste.
Houthok FH1
Het slaapplek vir 2 mense ( kan opgradeer word na 4 mense)
Opwas area
Opwas area het 8 wasbakke en n baie mooi amphiteater
Kombuis:
Goed toegeruste kombuis met die nodige koelgeriewe,Mikrogolf, 2 gas oonde en kwikhot vir kookwater
Nodige potte en panne. Bring eie afdroog doeke,messe en ander utensils
Ablusiegeriewe
Mans
Seuns: 3 koue en 7 warm water storte, 8 toilette, 10 koue water wasbakke en ‘n urinaal.
Mans: ‘n Urinaal, 3 toilette, 4 warm water wasbakke en 4 warm water storte.
Dames
Dogters: 2 koue en 9 warm water storte, 10 toilette en 10 koue water wasbakke.
Dames: 4 toilette, 4 warm water wasbakke, 2 warm water storte
Geen seep, skoonmaakmiddels of toiletpapier word voorsien nie.
Elke persoon moet n paslaken saam bring om oor die matrasse te trek
Ekstra te huur:
Breekgoed, tafels,stoele bainmarie en chafing dishes
Kagelhout en braai hout te koop



BF Gebou

